News

ELM-raad keur weer onbefondsde begroting goed

Die eiendomswaardasierol is ook aanvaar, ten spyte van honderde besware teen aanpassings wat ver bo markwaarde is.

Die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit het vir die negende agtereenvolgende jaar ʼn onbefondse begroting goedgekeur.

“Hoewel die VF Plus nie die begroting vir die 2026/27-boekjaar gesteun het nie, het die regerende ANC/EFF-koalisie dit deur gestoomroller,” sê raadslid Gerda Senekal van die VF Plus in Emfuleni.

“Ingevolge artikel 18 van die Munisipale Finansiële Bestuurswet (MFMA) word ‘n munisipaliteit nie toegelaat om ‘n onbefondsde begroting te aanvaar nie, maar die raad het tydens, en direk na afloop van die Covid-19-pandemie, van verslappings gebruik gemaak om aanspreeklikheid te ontduik.

“Die afgelope drie jaar maak Emfuleni staat op ‘n vergunning van die nasionale tesourie waar ‘n onbefondsde begroting toegelaat sal word indien dit met ‘n befondsingplan en omkeerstrategie gepaard gaan, maar net vir ‘n tydperk van drie jaar.

“Die VF Plus is heeltemal gekant teen dié benadering aangesien Emfuleni bewys het dat hy nie besig is om sy benarde finansiële posisie om te keer nie, maar eerder toelaat dat dit verder agteruitgaan.” sê Senekal.

Daar word verder aangevoer dat onder die leiding van die vorige burgemeesterskomiteelid vir finansies, Hassan Mako, die munisipaliteit se finansies nie reggeruk kon word nie.

Mako is tydens Woensdag (10 Junie) se raadsvergadering tot burgemeester verkies.

“Kiesers sal op 4 November die geleentheid kry om vir ‘n verantwoordbare regering in Emfuleni te stem,” sluit Senekal af.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button