News

NWU Vaal tem die Vanderbijl Mustangs

Hierdie Saterdag kom NWU teen die Oosrand Polisie Rugbyklub te staan. Die eerstespan-wedstryd begin om 16:00.

VANDERBIJLPARK – Toe die son begin sak en dit al hoe koeler word langs die rugbyveld, was daar vuurwarm aksie opgedis.

NWU Vaal het verlede Saterdag op sy tuisveld uit die staanspoor druk op die Vanderbijlpark Mustangs gesit en vinnig die voortou geneem.

Met die blaas van die eindfluitjie het die NWU Vaal ‘n reuse oorwinning van 58-7 behaal.

Hierdie Saterdag kom NWU Vaal weer op sy tuisveld te staan, teen Oosrand Polisie.

Die eerstespan-wedstryd skop om 16:00 af.

Simphiwe Yika van NWU loods nog ‘n aanval in die kragmeting teen die Vanderbijlpark Mustangs. Foto’s: Elsje Vermeulen
Delano Maritz maak gereed om ‘n Vanderbijlpark Mustang-speler te tackle.
Donovan Redelinghuys breek deur die Mustangs se verdediging om agter die doellyn te gaan kuier.
Selfs die hoogvat op die doellyn kon Delano Maritz stuit om ‘n drie te druk nie.
David Mokhothu probeer deur die Mustangs-verdediging breek.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button