Local newsNews

Steve Hofmeyr maak ‘n ‘Beautiful Noise’ by ERT

Steve Hofmeyr se vertoning by die ERT in Sasolburg was net wow!

SASOLBURG – Die winterkoue het buite gebyt, maar in die Etienne Rousseau Teater (ERT) was dit Saterdagaand vuurwarm. Die teater was uitverkoop.

Dit kan ook nie anders as Steve Hofmeyr sy draai in die Vaaldriehoek maak nie. Dit was sy Beautiful Noise – Tribute to Neil Diamond vertoning.

Steve Hofmeyr saam met Thea van Zyl, Annalize en Anli van den Heever. Thea het sommer vanuit die gehoor vir Steve gevra om te trou. Sy het na die tyd gesê sy het die dominee saamgebring en dit pla haar glad ne dat Steve reeds getroud is nie. Foto: Gerda Bruinette

Hoeveel mense daar was omdat hulle Neil Diamond-aanhangers is, en hoeveel daar was net omdat dit Steve was wat opgetree het, sal niemand weet nie. Hoe dit ook al sy, die vertoning was eersteklas.

Nie net het Steve van Neil Diamond se grootste treffers gesing nie, hy het ook Diamond se lewensverhaal vertel.

Die gehoor het plek-plek lekker saamgesing en die tannies in die voorste ry het dit baie geniet toe Steve van die verhoog afgeklim het en elkeen met die hand gegroet het.

Steve Hofmeyr voor ‘n grootskerm foto van Neil Diamond. Foto: Gerda Bruinette

Hy het na die vertoning almal verras deur sy aanhangers in die voorportaal van die teater te ontmoet. Oud en jonk het saamgedrom om ‘n geselsie aan te knoop, sy handtekening te kry en ‘n foto te neem.

Die man het die geduld van Job, want hy het na elke storie geluister, saamgelag, gesels en amper ‘n uur en ‘n half in die voorportaal spandeer totdat die laaste aanhangers by die deur uit is. Hopelik kom kuier hy gou weer by die ERT.

Dit was lank staan om ‘n foto saam met Steve Hofmeyr te kry, maar hulle het nie omgegee nie. Foto: Gerda Bruinette
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button