Jong Valke skud vere reg vir Cravenweek
Die o13 Cravenweek vir laerskole vind vanjaar van 29 Junie tot 3 Julie by Grey Kollege in Bloemfontein plaas.
SASOLBURG – Die Laerskole Bondedag is onlangs oor twee dae by die DP de Villiers-stadion aangebied en die jong manne het kookwater-rugby opgedis.
Die bonde-toernooie word gewoonlik streeksgewys opgedeel vir die kragmetings.
Byvoorbeeld, die Valke (Oos-Rand en Vaaldriehoek) speel tradisioneel in die Noordelike Bondedae teen spanne soos die Blou Bulle, Goue Leeus, Luiperds, Pumas en die Limpopo Blou Bulle.
Die Vrystaat, Griekwas en Griffons vorm weer dikwels hulle eie sentrale Bondedae.
Marius Bornman, afrigter van die Valke U13A-span, sê dat hierdie toernooi die onderskeie spanafrigters ook die kans gebied het om spelers op verskillende posisies te toets en spelpatrone aan te pas en te verbeter.
Sterkte aan al die plaaslike spelers wat aan die Cravenweek vir laerskole gaan deelneem.

Foto’s: Elsje Vermeulen
Valke se uitslae tydens Bondedag:
Dag 1
Valke: o12 B wen teen Griekwas 12-7
o12 A wen teen Griekwas 17-7
o13 C wen teen die Cheetahs 45-22
o13 B wen teen die Griekwas 39-10
o13 A wen teen die Griekwas 41-12

Dag 2
Valke: o12 B verloor 8-27 teen Luiperds
o12 A speel gelykop 10-10 teen Luiperds
o13 A wen 26-14 teen Luiperds
o13 B wen 22-7 teen Luiperds
o13 C verloor 18-21 teen Luiperds
Dag 2 – tweede ronde
Valke: o12 B verloor 24-26 teen Cheetahs
o12 A wen 26-10 teen Cheetahs
o13 B wen 22-21 teen Cheetahs
o13 A verloor 19-24 teen Cheetahs



