News

44 Comrades-medaljes vir Meyerton Atletiekklub

Onder die wegspringers was daar 19 Comrades-groentjies van Meyerton Atletiekklub wat gesorg het vir 16 medaljes.

MEYERTON – Altesaam 51 lede van die Meyerton Atletiekklub het vanjaar weggespring by die 99ste Comrades Marathon, waarvan 44 die eindstreep met ’n medalje oorgesteek het. 

“Die uitslae besorg aan die klub ’n skitterende slaagsyfer van 86%,” sê ‘n trotse Mark Winterbottom, voorsitter van die klub.

“Die span het uitstekende tye gedraf: ons spog met een hardloper onder 8 uur, twee onder 9 uur, agt onder 10 uur en nege wat die wedloop in minder as 11 uur voltooi het.

“Die nuwelinge het gewys van watter stoffasie hulle gemaak is met een sub-9-uur, een sub-10-uur en vyf sub-11-uur klaarmaaktye,” sê Winterbottom.

Hy vertel verder dat ’n paar van die drawwers dinge aan die einde gans te opwindend gemaak en hulle omtrent naels laat kou het, maar hulle het gelukkig almal betyds die eindstreep gehaal.

“Welgedaan aan al 51 deelnemers, ons is ongelooflik trots op elkeen van julle,” sê Winterbottom.

“’n Groot dankie aan die 14 helpers wat ons drie ondersteuningstafels beman het. Ons opregte waardering gaan ook aan die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit en ons Midvaal-burgemeester, Peter Teixeira, vir hul deurlopende ondersteuning van ons Comrades-poging. Ek glo ons het ons naam gestand gedoen,” sluit Winterbottom af.

Baie geluk MAC-lede, julle het beslis die streek se naam hoog gehou!

Hier is ‘n foto-beeld van die MAC-lede tydens die 2026 Comrades Marathon.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button