Deyzels vier 60ste huweliksherdenking
Verlieftheid is ’n emosie wat kom en gaan, maar ware liefde is onwrikbaar. Baie geluk met die mylpaal!
VANDERBIJLPARK – Die Deyzel-egpaar vier vanjaar ’n glorieryke mylpaal: hul 60ste huweliksherdenking.
Fanie en Annatjie Deyzel is geen vreemdelinge in die kollig nie, hulle het presies tien jaar gelede ook met hul goue herdenking in die koerant verskyn.
Vandag is hulle steeds ’n sprekende voorbeeld van ware liefde, wedersydse respek en onwankelbare toewyding.
Met ’n ryk nalatenskap van kinders, sewe kleinkinders, vier agterkleinkinders en dekades se kosbare herinneringe, dien hul huwelik as ’n groot inspirasie vir familie en vriende.
Hul geliefdes dra dié spesiale boodskap aan hulle op: “Mag julle nog baie mooi en geseënde jare saam geniet.
“Baie geluk met hierdie ongelooflike mylpaal, en dankie vir die pragtige voorbeeld wat julle vir ons almal stel.”
