Elandré eersdaags by die ERT
Waar is al die Elandré aanhangers? Hierdie is spesiaal vir julle.
SASOLBURG – Elandré tree 10 Julie om 19:00 op by die Etienne Rousseau Teater. Die vertoning begin om 19:00 en beloof om weer ʼn treffer te wees.
Elandré het geen bekendstelling nodig nie. Sedert sy eerste album, Kleindorp Dromer, het hy die een treffer na die ander gehad. Hierdie album van hom het goud bereik in slegs drie maande.
Sedertdien is daar aan hom geen keer ne. Elke video wat hy op YouTube vrystel word deur miljoene gekyk. Vuur op die Water is al 12 miljoen keer gesien.
Kaartjies is reeds beskikbaar by seatme.co.za. Moenie hierdie een misloop nie. Kom kuier saam vir ʼn onvergeetlike aand van Afrikaanse musiek van een van Suid-Afrika se grootste liedjieskrywers/sangers.
