News

Proteskaksie ontwrig Sasolburg

Die protesveldtog word gelei deur die Fezile Dabi Civic Movement.

SASOLBURG – Die beplande 30-dae-stilstand het Vrydag die Sasolburg Sakesentrum ontwrig toe ’n klein groepie betogers byeengekom het om te betoog.

Die protesveldtog word gelei deur die Fezile Dabi Civic Movement, wat bevestig het dat hul aansoek vir die byeenkoms deur die Metsimaholo Local Municipality Public Safety Department erken is.

Organiseerders het gesê die stilstand volg op die verstryking van sperdatums wat vroeër aan groot plaaslike nywerhede, insluitend Sasol en NATREF, gestel is rakende werksgeleenthede en verkrygingsgeleenthede vir plaaslike inwoners.

Die beweging se president, Tibisi April Motaung, het gesê die organisasie beoog om met die stilstand voort te gaan terwyl hulle binne die wet optree.

“Ons gesamentlike stryd teen sistemiese ekonomiese uitsluiting en munisipale laksheid het ’n beslissende keerpunt bereik. Hierdie Artikel 4-goedkeuring bevestig dat ons eis vir plaaslike werksdrempels en administratiewe integriteit beide wetlik standvastig en regverdig is,” het Motaung gesê.

Die groep eis dat groot nywerhede onmiddellik ’n 70%-drempel instel vir die aanstelling van plaaslike werkers en aankope by plaaslike besighede, met die doel om werklose inwoners en klein ondernemings te ondersteun.

Motaung het gesê hulle pas ’n gereguleerde totale stilstand toe om die ekonomiese toekoms van mense in Zamdela, Deneysville en die breër Fezile Dabi-streek te beskerm.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button