Local newsNews

Uit die as opgestaan – gewond maar onoorwonne

Konsentrasiekampdag word jaarliks landswyd op 16 Junie gevier en verwys na die dag wat die verskroeideaardebeleid geproklameer is in 1900.

VEREENIGING – 16 Junie 1900. Te midde van die Anglo-Boereoorlog het Lord Frederick Roberts die verskroeide aardebeleid aangekondig.

Plase is afgebrand, vrouens en kinders het in konsentrasiekampe beland. Duisende vroue en kinders het in haglike omstandighede gesterf.

Die skyngeveg tussen Boer en Brit. Foto: Vaalrivier Laer Volkspele/Facebook

120 jaar later word die dag as Konsentrasiekampdag herdenk en word die lewens van almal wat in die Anglo-Boereoorlog gesterf het steeds onthou.

Hierdie jaar is die dag weer by die Konsentrasiekamp begraafplaas herdenk. Pastoor Kriel het ʼn boodskap van hoop, vertroue en geloof oorgedra, daar is ʼn skyngeveg gehou, die Sasolburg Voortrekkers het gesing en de Vryheidsmonument Kommando het die vlagpersentasie gedoen.

Blomme is by die herdenkingsmuur neergelê wat die name en ouderdomme van die vroue en kinders bevat wat in die Vereenigingkonsentrasiekamp gesterf het.

Na die somber verrigtinge was dit tyd om te tiekiedraai op ou Afrikaanse liedjies soos Ai, Ai die Witborskraai. Foto: Vaalrivier Laer Volkspele/Facebook

Alhoewel die amptelike verrigtinge somber was, het die dag ook bewys dat Afrikaners altyd weer opstaan en voortgaan.

Daar is heerlik gekuier oor boeretroos en tusgebak en natuurlik is daar gebraai.

Die Vaalrivier Volkspele Laer en die Albatros Laer het kleur en vrolikheid gebring met hul spele van toeka tot nou. Die liedjies waarop hul passies uitgevoer het, sluit in Aanstap rooies, Daar kom Tant Alie en die Oukraalliedjie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button