CW-areas behoort krag te hê teen 20:00
Hopelik staar die kleinhoewes, die CW-areas en NW7 nie nog 'n donker nag in die gesig nie - aldus ELM se kommunikasiedepartement
VANDERBIJLPARK – Die areas wat deur die Dorp Sub-stasie van krag voorsien word, is al van Sondag vroegaand sonder krag.
Die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit se kommunikasieafdeling het vanmiddag inligting op hul Facebookblad geplaas rakende die situasie.
Tegnici is besig om die gebrande stroomtransformator (CT) te vervang. Volgens die verklaring behoort Flora Gardens, Bonanne, Stephanopark, Bophelong, Bophelong Extensions, gedeeltes van NW 7, CW1, CW2, CW3, CW5 en CW6 teen 20:00 krag te hê.
Dit hang natuurlik af of alles suksesvol afgehandel kan word. Inwoners word gevra om geduldig te bly en nie by die substasie te vergader nie, aangesien dit ʼn veiligheidsrisiko inhou en die werk kan vertraag.
