News

Pragtige Bruid van die Jaar-inskrywings

Vaalweekblad wag vir nog inskrywings. Onthou deelname is gratis.

Bruide van die Vaal en omliggende dorpe (Vereeniging, Meyerton, Vanderbijlpark, Sasolburg, Deneysville, Parys, Frankfort en Vredefort) wat in 2026 getroud is, word genooi om aan Vaalweekblad se Bruid van die Jaar-kompetisie deel te neem.

Inskrywings is gratis en soos altyd is daar pryse op die spel. Ons wil graag met die nuwe bruide in Vaalweekblad spog.

Bruide kan hul mooiste troufoto (alleen of as troupaar) met die nodige inligting (julle name en van, van watter dorp julle is, en wanneer julle getroud is) aan Penelope by penny@mooivaal.co.za stuur.

Al die inskrywings sal in Vaalweekblad verskyn en sal ook deurlopend op ons webtuiste te sien wees.
Hier is van die nuutste inskrywings.

Twee van die laaste inskrywings:

Twané en Michael Swan van Meyerton is op 2 April getroud.
CJ en Ninke Aylward van Vanderbijlpark is op 28 Maart getroud.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button