News

Daar skuil interessante stories agter posseëls

Vir junior besoekers is daar 'n gratis seëlgeskenk indien hulle hul eie versamelings wil begin of uitbrei.

SASOLBURG – Die Sasolburg Filatelistiese Vereniging, of Oilfilat soos dit informeel bekendstaan, hou hul jaarlikse uitstalling vanaf 27 tot 31 Julie in die Sasolburg Openbare Biblioteek.

Filatelie, oftewel die versamel van posseëls, is veel meer as om bloot seëls op te spoor, dit word gebruik om ‘n storie te vertel.

Daar sal onder meer uitstallings wees oor voëls, bekende Suid-Afrikaners, die ZAR en die Anglo-Boereoorlog, asook ‘n besonder interessante uitstalling oor die filatelie van Apartheid.

Almal is welkom om te kom kyk, veral skoolgroepe. Lede van die vereniging sal beskikbaar wees om enige vrae oor die uitstalling te beantwoord.

Hulle sal ook hul kennis met graagte deel met mense wat meer inligting oor hul eie seëlversamelings wil hê.

Vir meer inligting, kontak Leon Jacobson by 083 389 8647.

Voorbeelde van posseëls wat te sien sal wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button