News

Kyk hoe lyk die Vaalrivier!

Die visse vrek en die arme diere wat uit die rivier water drink kan ook hierdeur geaffekteer word.

VANDERBIJLPARK – Die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit moet verantwoordelik gehou word vir die gebrek aan instandhouding van kritieke infrastruktuur en vir die voortdurende besoedeling van die Vaalrivier.

Hoewel die besoedeling op verskeie plekke gesien kan word, het die foto’s wat plaaslike Vaaloewer-inwoner, Dennis Holler, op 16 Julie op die brug naby die Barrage-sluise geneem is, die rede tot kommer weer eens uitgewys.

Die munisipale bestuurder van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit (ELM), mnr. April Ntuli, het reeds ‘n paar maande gelede namens die munisipaliteit in die Vereeniging-landdroshof verskyn op vyf aanklagte wat verband hou met oortredings van die Nasionale Omgewingsbestuurswet, die Waterwet en ernstige besoedeling van die omgewing.

Daar is reeds 5 aanklagte teen ELM in verband met erstige besoedeling van die omgewing, en daar kan moontlik nog klagte volg – maar intussen duur die besoedeling van die Vaalrivier voort.

Nog ‘n foto van die besoedelde Vaalrivier deur Dennis Holler van Vaaloewer. Foto: Dennis Holler


“Ons het in Mei 2020 ’n klag by die Groen Skerpioene ingedien, asook strafregtelike klagte teen die destydse administrateur en Ntuli, wat hom opgevolg het.

“Die saak is ook aan die menseregtekommissie (MRK) voorgelê, waarna die MRK die Vaalrivier as ’n menseregteskending verklaar het,” het raadslid Gerda Senekal van die VF Plus in Emfuleni voorheen gesê.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het ’n klagstaat opgestel wat die volgende insluit:

1. Oortreding van die Nasionale Omgewingsbestuurswet: tussen April 2018 en April 2024 het verskeie pompstasies (16, 10, 8, 6, 5 en 38) onwettig riool in die Vaalrivier gestort.

2. Oortreding van die Waterwet: die Rietvlei-watersuiweringsaanleg het tussen September 2018 en Augustus 2019 meer as die toegelate afvalwater vrygelaat.

3. Die Sebokeng-watersuiweringsaanleg het gedurende dieselfde tydperk die voorwaardes van sy watergebruikslisensies verontagsaam.

4. Die Leeukuil-watersuiweringsaanleg in Vereeniging het nie aan sy lisensie voldoen nie en afvalwater onwettig vrygelaat.

5. Beduidende besoedeling is weens nalatigheid veroorsaak vanaf April 2018 tot 2024 by die Leeukuil- en Roetspruit-aanlegte, sowel as pompstasies 16, 10, 8 en 5.

Die NVG het aangedui dat bykomende klagte nog bygevoeg kan word, maar terwyl die saak voortslier, word die Vaalrivier se toestand by die dag meer kommerwekkend.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button