VANDERBIJLPARK – Jeugland Dienssentrum bied elke Donderdagoggend ‘n interessante program by die buitepossaal aan vir Seniors
. Dit sluit praatjies oor verskeie onderwerpe vir senior burgers in en besoekers kan ook hul bloeddruk laat neem en bloedglukose laat toets.
Die byeenkomste word Donderdae vanaf 09:30 tot 11:00 aangebied.
Die koste is R10 per persoon.
Dagboek gerus dié lekker kuiergeleenthede in Augustus: 6 Augustus – Hart van God – verhale van vroue in sending (Spreker: Ds Rethie van Niekerk), 13 Augustus 2026 – Carl’s Garden (Spreker: Carl Scholtz), 20 Augustus – Helplift (Spreker: Lenette Kruger), 27 Augustus 2026 – Emily Hobhouse se bydrae in Suid-Afrika (Spreker: Annemarie Carelsen).
Alle seniors is baie welkom. Skakel me. Katinka Nel of me. Mignon Venter by 016 933 3995 vir meer besonderhede.
