News

Rippie-oudhoofseun in Protea-ontwikkelingspan opgeneem

Van Rippie tot Protea – JP King se krieketdroom bereik 'n nuwe hoogtepunt.

MEYERTON – Laerskool Republiek se oud-hoofseun, JP King, is in die Protea-ontwikkelingskrieketspan opgeneem, ‘n prestasie wat hom onder Suid-Afrika se belowendste jong krieketspelers plaas.

As deel van die span sal King en sy spanmaats die geleentheid kry om teen Bangladesh te speel en waardevolle internasionale ervaring op te doen.

Laerskool Republiek het JP met sy prestasie gelukgewens en gesê die skool is besonder trots op sy prestasie.

“Baie geluk, JP. Ons wens jou alle sterkte toe – hou die maroen en goud hoog,” het die skool in sy gelukwensingsboodskap gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button