News

Vyf winkels beskadig ná brand in Meyerton se sakekern

Vyf ondernemings is in 'n verwoestende brand beskadig, terwyl die oorsaak van die voorval steeds ondersoek word.

MEYERTON – Vyf winkels en sakepersele is beskadig nadat ‘n brand Dinsdagaand, 21 Julie, in ‘n kommersiële gebou op die hoek van Galloway- en Lochstraat, naby die nuwe Pick n Pay-sentrum, ontstaan het.

Nooddienste is omstreeks 20:19 na die toneel ontbied waar die gebou reeds in ligte laaie was.

Brandbestryders van Midvaal Fire & Rescue het die brand bestry, terwyl CERT Vaal en ER24 mediese ondersteuning op die toneel gebied het.

Volgens beskikbare inligting is vyf ondernemings deur die brand geraak, naamlik die SASSA-kantoor, Land Super Shop, Crazy Store, Ackermans en The Fashion Clothes Shop.

Daar word vermoed dat ‘n kitsbank by Land Super Shop opgeblaas is en dat dit moontlik tot die brand gelei het.

 Die omvang van die strukturele skade is nog nie amptelik bevestig nie.

Een brandweerman het tydens die voorval ‘n besering opgedoen. Volgens beskikbare inligting was die besering nie ernstig nie.

Volgens aanvanklike inligting word daar vermoed dat ‘n kitsbank by Land Super Shop opgeblaas is en dat dit moontlik tot die brand gelei het.

Die polisie het egter nog nie dié inligting amptelik bevestig nie en die ondersoek duur voort.

Brandbestryders het die vlamme kort ná middernag onder beheer gebring.

‘n Brandbestryder is tydens die voorval beseer. Foto: Facebook/CERT SA Vaal

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button