Local newsNews

Weer op die been na groot operasie

Dit was 'n lang twee maande sedert hy sy achilles-tendon geskeur het, dit gaan al beter.

VANDERBIJLPARK – Clinton Samons het in Mei sy achilles-tendon tydens ‘n aksienetbal-wedstryd geskeur. Dit was vir hom ‘n groot terugslag, aangesien hy ‘n finalis is in hierdie jaar se The Next Opulent Model South Africa kompetisie.

Die gala-aand van dié kompetisie vind plaas op 20 Augustus. Hy het geweet hy sal hard moet werk om eers sy hakskeen gesond te kry. In die begin van Junie het hy ‘n operasie ondergaan vir hierdie besering.

Clinton Samons net na sy groot voet operasie. Foto: Clinton Samons/Facebook

Dis sewe weke later en Clinton sê sy pad na herstel vorder goed. Hy het nog sy voetstut (moon boot) gedra, toe was hy reeds terug in die gimnasium. Die koue vang hom, want dan is die voet ekstra styf en seer.

“Ek vat dit dag vir dag. Ek daag op, doen my werk en oefen hard,” vertel Clinton. Emosioneel is dit nie vir hom maklik nie. Hy is gewoond daaraan om altyd topfiks te wees en vir die gala-aand moet hy 100% reg wees.

Clinton is dankbaar teenoor sy vriende, familie en vreemdlinge wat gehelp het om onkostes te dra vir die operasie. “Dit is vir my ‘n groot blessing en het my meer vasberade gemaak om reg te wees vir die groot kompetisie.”

Ten spyte van die pyn, ongemak en emosionele druk, sê Clinton hierdie is nie ‘n setback nie, maar ‘n comeback.

Hy sien uit na die kroningsaand van The Next Opulent Model South Africa wat in Pretoria plaasvind.

By die gala word by die 5 000 mense verwag, waaronder die borge en Suid-Afrikaanse sterre. Kaartjies vir die besondere geleentheid kan by Clinton bespreek word. WhatsApp hom by 083 453 8851.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button