News

Aksieplan word vereis om besoedeling van Vaalrivier te stop

Indien die munisipaliteit versuim om te reageer, sal AfriForum die hof op ’n dringende basis nader om die munisipaliteit te dwing om sy grondwetlike pligte na te kom.

AfriForum het die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit drie dae gegee om ’n volledige noodaksieplan voor te lê om die voortdurende rioolbesoedeling by pompstasies 8 en 10 in Drie Riviere, Vereeniging, onmiddellik te stop.

Die versoek volg nadat dit aan die lig gekom het dat duisende liters rou riool daagliks weens stukkende pompe in die Vaalrivier invloei.

Hierdie jongste geval van rioolbesoedeling kom te midde van verskeie ander regsaksies teen die Emfuleni-munisipaliteit oor rioolbesoedeling elders in dié munisipaliteit.

Drie van hierdie sake is deur AfriForum geïnisieer en sal weer op 1 September voor die hof dien.

Jaco Grobbelaar, AfriForum se hoof vir die sentraalstreek, skryf die situasie toe aan volgehoue onbevoegdheid en die afwesigheid van aanspreeklikheid onder die optredende munisipale bestuurder, April Ntuli.

Grobbelaar benadruk dat die rioolstorting ’n nasionale omgewingskrisis is wat ’n strategiese waterbron vernietig en miljoene mense aan gesondheidsrisiko’s blootstel.

AfriForum kritiseer ook die gebruik van belastinggeld om die munisipaliteit se regskoste te dek en pleit daarvoor dat senior amptenare persoonlik aanspreeklik gehou word vir die administratiewe versuim.

Die organisasie doen ten slotte ’n beroep op die regering om alternatiewe bestuursmodelle te oorweeg waar bevoegde gemeenskapsinstellings die infrastruktuur kan bestuur.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button