News

Klein gebaar kry groot waardering

Gesin maak hulle harte oop.

VEREENIGING – Die Grimsell-gesin van Risiville het vanjaar weer hul deel gedoen om Mandela Dag te vier deur warm sjokolade-drankies uit te deel aan mense in hul gemeenskap.

Sedert 2023 sit die gesin saam met hul twee dogtertjies elke jaar gedurende die wintervakansie van 07:00 af buite hul huis en wag vir voetgangers, werkers en ander verbygangers om hulle met ‘n gratis koppie warm sjokolade te bederf.

Die Grimsell-spruite Leome en Anria het warm sjokolade-drankies op Mandela Dag uitgedeel.

Vanjaar het hulle altesaam 36 koppies warm sjokolade uitgedeel.

Volgens die gesin is die jaarlikse inisiatief hul manier om iets terug te gee aan die gemeenskap en die gees van Mandela-dag uit te leef deur klein dade van vriendelikheid.

“Ons sien julle weer in 2027,” het die Grimsell-gesin gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button