Local newsNews

Yorkie Hugo moet tande laat trek, maar fondse ontbreek

Tandpyn is 'n lelike ding. Tandarts toe gaan is nie lekker nie, maar as dit moet, dan moet dit. Help Yorkie Hugo om weer pynvry te leef.

VANDERBIJLPARK – Hugo is een van Vaalpets Rescue Centre se inwoners. Hy het sy intrek by Vaalpets geneem, nadat sy eienaars oorlede is.

Op 8 jaar is hy ʼn liefdevolle hond wat almal by die sentrum se harte gesteel het. Hy is op sy gelukkigste as hy net rustig langs iemand kan lê en ʼn slapie vat.

Hugo is saggeaard en liefdevol. Foto: Vaalpets/Facebook

Ongelukkig het Hugo ʼn epulis, ʼn groot vergroeisel, tussen sy voortande ontwikkel. Dit is nie kwaadaardig nie, maar dit veroorsaak ongemak en pyn.

Hy het ook ander tande wat getrek moet word en sal nadat die gewas verwyder is rekonstruktiewe chirurgie benodig.

Die veearts beraam die kostes vir die operasie en tandtrekkery op R18 500.

Vaalpets vra derhalwe vir donasies, maak nie saak hoe groot of klein ook al nie. Elke donasie sal help om Hugo weer van ʼn pynvrye lewe te verseker.

Die bankbesonderhede waar donasies inbetaal kan word. Foto: Vaalpets Rescue Centre/Facebook
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button