News

4 Hoekie-onnies in SA ‘American Flag’-voetbalspan

Nog nie van dié sportsoort gehoor nie? Lees meer oor wat dit behels.

VANDERBIJLPARK – Die HS Driehoek spog met vier onderwysers wat gedurende die skoolvakansie vir die Suid-Afrikaanse American Flag Football-span tydens die Afrika-kampioenskappe in Kenia uitgedraf het.

Die vier onderwysers, mnre. Tiaan Rautenbach, Dyllan Smit, Zandre van der Merwe en Jovan Krekic was nie net uitstekende ambassadeurs vir die skool nie, maar ook vir die streek en Suid-Afrika.

Om verdere eer aan die streek te besorg, is mnr. Tiaan Rautenbach as kaptein van die Suid-Afrikaanse span aangewys.

Wat is American Flag Football?

Dit is ‘n gewilde, minder fisieke weergawe van tradisionele Amerikaanse spel (American Football).

Die grootste verskil is dat spelers nie mekaar grond toe duik of plattrek “tackle” nie.

In plaas daarvan dra elke speler ‘n gordel met twee of drie plastiekvlae “flags” aan hul kante.

Om ‘n speler met die bal te stuit, moet die verdediger bloot een van die vlae van die baldraer se gordel afpluk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button