News

NWU Eagles oorrompel Boksburg met 61-27-oorwinning

Nog 'n oorwinning vir die NWU Eagles-rugbyklub.

VANDERBIJLPARK – Die NWU Eagles-rugbyklub het verlede naweek ‘n oortuigende 61-27-oorwinning oor die besoekende Boksburg-rugbyklub behaal nadat hulle in feitlik alle fasette die wedstryd oorheers het.

Die Eagles het vroeg die voortou geneem en teen rustyd met 26-13 voorgeloop. Hoewel Boksburg in die eerste helfte nog goed by die tuisspan kon bybly, het die Eagles ná rustyd nog ‘n rat opgeskuif.

Met aanvallende rugby en goeie afronding het die tuisspan hul voorsprong stelselmatig uitgebou.

Die laaste deel van die wedstryd het veral aan die Eagles behoort, met Boksburg wat nie daarin kon slaag om die aanslag te stuit nie.

Teen die eindfluitjie was die telling 61-27 in die Eagles se guns.

JP Roberts NWU Vaal se betroubare stelskopper korrel pale toe. Foto’s: Christiaan Cloete

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button