News

Tydelike vertraging in die uitreiking van munisipale rekeninge

Inwoners en besighede sal hul munisipale rekeninge later as gewoonlik ontvang weens stelselveranderings.

VANDERBIJLPARK – Die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit se Inkomstedepartement het inwoners en besighede in kennis gestel dat daar ‘n vertraging in die uitreiking van munisipale rekeninge sal wees.

Die vertraging spruit glo uit die implementering van nuwe tariewe in die munisipale rekeningstelsel.

Emfuleni het Maandag in ‘n verklaring gesê sy tegniese- en inkomstespanne werk dringend daaraan om die probleem op te los en te verseker dat rekeninge so spoedig moontlik uitgereik word.

Die munisipaliteit vra om verskoning vir enige ongerief wat veroorsaak is en waardeer u geduld en begrip.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button