News

Valia stoomroller Montana

Dit was 'n adrenalienbelaaide Virseker Noordvaal-wedstryd en daar was geen tekort aan Ligblou-ondersteuners nie.

Valia se rugbyspanne het Saterdag op tuisbodem in die laaste amptelike Virseker Noordvaal-tuiswedstryd van die seisoen teen Hoërskool Montana te staan gekom.

Die hoofwedstryd van die dag, die eerstespanne, het om 12:40 afgeskop.

Valia het uit die staanspoor sy stempel afgedruk en was in alle aspekte van die spel eenvoudig te sterk vir die besoekers.

Die Ligbloues het gereeld agter Montana se doellyn gaan kuier en met halftyd was die telling 26-7 in die guns van Valia.

Montana kon die bloues nie stuit nie en met die blaas van die eindfluitjie het Valia ‘n welverdiende en oortuigende oorwinning van 40-14 behaal.

Nog foto’s in Vrydag se Vaalweekblad.

Valia se Blou Menere het help bou aan die gees voor die afskop van die eerstespan se wedstryd. Foto’s: Elsje Vermeulen
Valia se buitesenter, Dave Mtize, op die aanval.
Valia se binnesenter, Lorenzo Flynn, word om die enkel beetgekry, maar spanmaat Chester McCamel is daar vir ondersteuning.
Valia se cheerleaders het soos altyd vir ‘n puik vertoning gedurende halftyd gesorg.
Rugby is ‘n harde spel, en ongelukkig was daar ‘n paar Montana-beserings tydens die eerstespanne se kragmeting.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button