Local newsNews

Kollegepark se Wildsfees was weer ʼn treffer

Die Parkies weet hoe om lekker fees te vier en hul jaarlikse Wildsfees is altyd een vir die boeke.

VANDERBIJLPARK – Saterdag was daar ʼn groot bedrywigheid by Laerskool Kollegepark. Van vroeg is daar gewoel om alles reg te kry vir hul Wildsfees 2026.

Hierdie jaar kon mense ʼn verskeidenheid van vleis proe by die eksotiese wildtafel, van ystervark, tot by krokodil, meerkat en jakkals.

Heerlike wildssosaties op die vuur. Foto: Hendrik Botha

Met die son wat water trek, is die kampvuur aangesteek, terwyl ʼn orkes die voete laat jeuk het.  Die lug is gevul met die geur van braaivleis en ander moderne wildgeregte. Almal het behoorlik fees gevier en lekker saamgekuier.

Voete-jeuk musiek was aan die orde van die dag. Foto: Hendrik Botha

Die Wildsfees is ’n unieke gemeenskapsviering wat kultuur, kos en kuier saambring. Dit bied ’n warm, gesellige atmosfeer met groot vure, musiek, markstalletjies en ’n sterk gemeenskapsgees. 

Die kuiersirkel om die groot vuur. Foto verskaf: Hendrik Botha

Laerskool Kollegepark bedank elke ondersteuner wat hierdie aand so ongelooflik gemaak het. Julle het weer eens gewys wat Kollegepark-gees beteken.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button