News

Bestuurders kry dalk binnekort rybewyse wat vir 10 jaar geldig bly

Motoriste sal minder gereeld hul rybewyse hoef te hernu indien die voorgestelde wetswysigings goedgekeur word.

Motoriste sal moontlik binnekort hul rybewyskaarte net elke 10 jaar hoef te hernu nadat die kabinet die verlenging van die geldigheidstydperk vir ligte motorvoertuie van vyf na 10 jaar goedgekeur het.

Die voorgestelde wysiging geld vir rybewyse van kategorieë A, A1, B en EB. Swaar kommersiële voertuie, openbare vervoer en Professionele Bestuurspermitte sal steeds aan hul huidige hernuwingsiklusse onderhewig wees.

Volgens die kabinet is die besluit in ooreenstemming met internasionale beste praktyke en sal dit administratiewe doeltreffendheid verbeter, die aantal hernuwings vir motoriste verminder en druk op rybewyssentrums verlig.

Die verandering sal egter nie onmiddellik in werking tree nie. Die nodige wetswysigings moet eers deurgevoer word voordat die nuwe 10-jaar-geldigheid toegepas kan word.

Totdat die wetgewing gewysig is, moet motoriste steeds hul rybewyskaarte ingevolge die huidige vyfjaarstelsel hernu. slegs een keer elke 10 jaar hoef te hernu.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button