News

Opening van bootseisoen op die Vaalrivier iets om te beleef

Toegang is heeltemal gratis en dit is waarlik 'n skouspelagtige gesig om te aanskou.

VANDERBIJLPARK – Die winter is nog nie heeltemal iets van die verlede nie, maar planne vir die amptelike opening van die Vaalrivier Bootseisoen is volstoom aan die gang!

Merk jou kalender vir Saterdag, 5 September. Almal is welkom, en jy het nie eens ‘n boot nodig om deel van die pret te wees nie. 

Het jy ‘n boot, vlot (barge), of jetski? 

Nou is die perfekte tyd om jou vaartuig watergereed te kry.

Maak seker dat jou skipperslisensie is geldig, jou Sertifikaat van Geskiktheid (COF) op datum is, en dat jou veiligheidstoerusting ten volle aan SAMSA-regulasies voldoen.

Die bymekaarkoms vir booteienaars is om 13:00 voor die Vaal River Lodge. 

Al die bote sal dan saam in een groot vloot (flotilla) na die Baddrift-brug vaar, waar die bootseisoen om 14:00 amptelik oop verklaar sal word.

As jy hulp nodig het, staan plaaslike Gekwalifiseerde Veiligheidsbeamptes van die Vaal gereed om jou te help om alles in die haak te kry:

  • Johan Jansen – 074 898 8682
  • Sonja Jansen – 083 236 2047
  • Pieter Theron – 082 565 9748
  • André van Helsdingen – 082 445 1543
  • Freda @ Boat Tech – 082 781 3885
  • Wiekie Swarts – 079 886 3604

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button