Local newsNews

Vlytige vriendinne brei vir liefdadigheid

Vrydae oggende kom 'n groep vriendinne bymekaar en dan word daar gekuier, gebrei en gehekel vir die vale.

VANDERBIJLPARK – Die Vlytige Vriendinne kuier al sedert 2019 elke Vrydag saam. Elkeen is gewapen met hekelpenne of breinaalde om speelgoed, mussies, serpe en komberse vir liefdadigheid te brei en te hekel.

Dit het alles begin toe hul ywerig aan die wêreldrekord kombers gebrei het. Hulle het dit so geniet dat hul besluit het om aan te hou brei. Die hekelaars het mettertyd bygekom en tans het die groep sowat 20 lede.

Dis vir die dames van Vlytige Vriendinne ‘n groot vreugde om vir liefdadigheid te brei en te hekel. Foto: Gerda Bruinette

Die jongste lid is 69 en die oudste 86 jaar. Dis vir hulle ‘n hart-saak en hulle geniet dit terdeë. Die dames deel nie self hul handewerk uit nie.

Die gebreide items word aan Solidariteit Helpende Hand Vanderbijlpark-tak oorhandig, wat dit dan tydens hul projekte uitdeel. Hulle het ook al saam met die ATKV gewerk.

Daar word ywerig gebrei en gehekel. Foto: Gerda Bruinette

Die leier van die groep, Mariëtte, sê alles word met liefde gemaak en is goeie kwaliteit. “Ons ken mekaar goed en die Vrydag-kuiers is vir ons spesiaal. Nie een van ons wil ‘n kuier mis nie.”

Die wol kom uit hul eie sakke en hulle is altyd bly as hul skenkings ontvang. Kontak gerus vir Johann Viljoen van Solidariteit Helpende Hand Vanderbijlpark-tak by 082 709 5809 om ‘n wolskenking te maak. Afval bolletjies wol is ook welkom.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button