News

Voormalige Emfuleni-vlootbestuurder op R25 000 borgtog vrygelaat

Die voormalige Emfuleni-vlootbestuurder is op borgtog vrygelaat terwyl die ondersoek na 'n beweerde R16 miljoen-voertuigtender voortduur.

VANDERBIJLPARK – Die voormalige vlootbestuurder van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit, Lerato Mpholo (42), is Woensdag in die Vanderbijlpark-landdroshof borgtog van R25 000 toegestaan.

Mpholo staan tereg op aanklagte van onder meer bedrog, korrupsie en diefstal wat verband hou met ‘n beweerde onreëlmatige tender vir munisipale voertuie.

Volgens die ondersoek is sowat R16 miljoen aan ‘n diensverskaffer betaal vir die lewering van 18 voertuie, maar net sewe is na bewering afgelewer.

As deel van sy borgtogvoorwaardes mag Mpholo nie oor ‘n paspoort beskik of Gauteng sonder toestemming verlaat nie. Hy mag ook nie buite Suid-Afrika reis nie.

Die saak is tot 29 September uitgestel terwyl die ondersoek voortduur.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button