Local newsNews

Laerskool D.F Malherbe se hokkie-trots

Laerskool D.F Malherbe is met reg trots op hul hokkiespanne wat uitstekend by die onlangse Rhino-week presteer het.

VANDERBIJLPARK – Die Laerskool D.F Malherbe se hokkiespanne het’n goeie Rhino-week agter die rug.

Die o.13A-seuns en die o.11-A dogters het goud verower. Die o.13 A-dogters, die o.13B-seuns, die o.11-B seuns en die o.11B-dogters het tweede plekke behaal. Die o.11A-seuns het derde in hul afdeling geëindig.

Owen Webb. Laerskool D.F Malherbe/Facebook

Vyf van die skool se hokkiespelers het uitsonderlike prestasies gelewer.

Owen Webb is 13 jaar oud en is tans in Graad 7. Hy is as speler van die toernooi vir die o.13-seuns aangewys.

Owen het drie jaar terug begin hokkie speel en wil eendag vir Nederland speel. Hy neem aan verskeie sportsoorte deel, maar sê hy gaan in die hoërskool net op hokkie konsentreer.

Nina Pretorius. Foto: Laerskool D.F Malherbe/Facebook

Nina Pretorius is die top doelskieter van die toernooi. Sy is tans in Graad 5 en speel vir die o.11’s. Nina het in Graad 1 met mini-hokkie begin.

Sy speel ook netbal en doen Judo. Nina geniet haar hokkie, maar sy wil eendag ‘n hartchirurg word om mense te kan help.

Zoë Kruger. Foto: Laerskool D.F Malherbe/Facebook

Zoë Kruger is in Graad 6 en is as die o.13-doelwagter van die toernooi gekroon. Sy speel ook netbal en gholf en het op ‘n stadium aan perdespring deelgeneem.

Klara Jonker se harde werk is beloon toe sy as o.13-speler van die toernooi aangewys is. Sy is baie sportief en neem deel aan netbal, hekkies en landloop. Alhoewel sy dit geniet om hokkie te speel, is haar gunsteling sport netbal.

Klara Jonker. Foto: Laerskool D.F Malherbe./Facebook

Luan Louw is die o.11 doelwagter van die toernooi. Hy speel nou een jaar hokkie by die skool en dit was sy eerste Rhino-week.

Luan Louw. Foto: Gerda Bruinette

Luan is baie goed in sport en speel ook rugby en krieket en neem aan gewigstoot deel. Sy gunsteling sport bly egter rugby waar hy stut of slot speel. Natuurlik ondersteun hy die Springbokke asook die Blou Bulle.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button