News

Midvaal: 7 vasgetrek vir onwettige stropery met 14 jaghonde

Goeie samewerking tussen die SAPD, privaat sekuriteit en dierebeskermingsorganisasies help om Suid-Afrika se natuurlewe te beskerm.

MIDVAAL – Expol Sekuriteit het op 28 Julie inligting ontvang oor onwettige stropery (poaching) wat langs die R550 naby die Heineken-fabriek besig was om plaas te vind.

Hulle het blitsvinnig gereageer en danksy samewerking en koördinering tussen verskeie eenhede is 7 verdagtes suksesvol vasgetrek.

Saam met hulle was 14 windhonde, asook gewere wat vir die onwettige jag gebruik word.

Die 14 windhonde is veilig aan die DBV oorhandig.

Daar is beslag gelê op twee gelisensieerde vuurwapens wat vir forensiese IBIS-toetsing weggestuur is.

Owerhede het ook beslag gelê op ‘n gestroopte haas, ‘n knopkierie en ‘n inspuiting wat ‘n onbekende stof bevat.

‘n Strafsaak van Onwettige Jag en Stropery is by die Kliprivier SAPD geopen.

Die eenhede wat gehelp het met die suksesvolle arrestasies sluit in:

Midvaal Wetsdoepassing (Midvaal Law Enforcement)

Expol Veiligheidsdienste (Expol Security Services)

Midvaal Vredesbeamptes (Midvaal Peace Officers)

SRS Veiligheid (SRS Security)

Hul professionaliteit, spanwerk en vinnige optrede beklemtoon die belangrikheid van sterk vennootskappe tussen private sekuriteit, die SAPD en dierebeskermingsorganisasies om gemeenskappe en Suid-Afrika se natuurlewe te beskerm.

Van die verdagtes met van hul windhonde wat hulle vir onwettige jag gebruik.
Foto: Verskaf deur Expol Sekuriteit

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button