News

Verstandelik gestremde man verdwyn na besoek aan Sebokeng-hospitaal

Adriaan Oosthuizen van Vanderbijlpark se familie is baie bekommerd. Deel asseblief hierdie plasing, dit kan help om hom op te spoor.

VANDERBIJLPARK – Adriaan Oosthuizen is as vermis aangemeld nadat hy omstreeks 02:00 op 29 Julie verdwyn het uit die Sebokeng-staatshospitaal.

Andriaan het by die hospitaal gewag vir die behandeling vir ‘n gebreekte arm.

Adriaan is verstandelik gestremd en benodig toesig.

Sedertdien hy uit die hospitaal verdwyn het, het sy familie nog niks van hom gehoor nie.

Hy woon in Vanderbijlpark en sy gesin is baie bekommerd.

Adriaan het ‘n denimbroek, wit en blou gestreepte hemp, swart baadjie en swart tekkies gedra toe hy na die hospitaal is. Hy het ook ‘n grys mussie aan gehad.

Sy linkerarm is gebreek en hy dra ‘n blou armstut (sling).

Indien iemand Adriaan gesien het of enige inligting het wat kan help om hom op te spoor, kontak asb. die Missing In S.A Search and Rescue Support Team by 081 010 3888 of jou naaste polisiestasie.

Help asb. om Adriaan Oosthuizen op te spoor.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button