News

Na 3 dae se soek is verstandelik gestremde man weer veilig tuis

Adriaan Oosthuizen van Vanderbijlpark het spoorloos verdwyn en daar was vir die ergste gevrees.

VANDERBIJLPARK – Adriaan Oosthuizen (43) was as vermis aangemeld nadat hy omstreeks 02:00 op 29 Julie verdwyn het uit die Sebokeng-staatshospitaal.

Andriaan, wat verstandelik gestremd is, het by die hospitaal gewag vir die behandeling vir ‘n gebreekte arm.

Hy het egter spoorloos verdwyn en sy familie was rasend van bekommernis.

Adriaan is gelukkig intussen gevind en herenig met sy familie nadat hy drie dae lank probeer het om sy pad huis toe te vind.

Sy familie spreek hul opregte dank uit teenoor Matt Venter, Hoof Uitvoerende Beampte van Missing In S.A Search and Rescue, vir sy toegewydheid, ondersteuning en hulp gedurende die soektog.

Die familie het ook elkeen bedank wat die boodskap oor Adriaan se verdwyning gedeel het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button