Local newsNews
Totius trots op hul hokkiedogters
Die skole se hokkieseisoen het aangebreek en dis duidelik dat die kompetisie weer straf gaan wees. LS Totius het die seisoen goed begin.
VANDERBIJLPARK – Die Laerskool Totius se o.11 hokkiespan het Donderdag seëvierend van die veld gestap.
Die meisies het Sancta Maria Junior School met 4 – 0 geklop in ‘n ligawedstry.
Departementshoof Chontelez Blake-Swartz het die span op Facebook gelukgewens en gesê: “Ons is trots op julle meisies! Dankie ook aan die afrigters vir julle harde werk.”
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
