VRK se binnesenter, Ruan Oosthuisen, het telkens deur Springs se verdediging gebreek. Foto: Elsje Vermeulen
Die Vereeniging Rugbyklub (VRK) het deurgedring tot die eindstryd die Valke Peregrineliga!
VRK se eerste rugbyspan het Saterdag op sy tuisveld met Springs in die halfeindronde van die Valke Peregrine kragte gemeet.
Die besoekers het egter nie antwoord gehad vir VRK se aanval-op-aanval nie.
VRK het oortuigend met 45-10 gewen en sy plek in die eindstryd bespreek.
Baie geluk aan die ROOI, WIT en GROEN!
Volledige berig en nog foto’s in Vrydag se Vaalweekblad.
Foto’s: Elsje Vermeulen
Martin du Plessis van VRK en nog ‘n spanmaat stuit Springs se aanval.
Ruan Oosthuisen, senter van VRK met bal in hand, weer op die aanval.
André Smit van VRK word om die bene beetgekry deur ‘n speler van Springs.
Dit het ten minste twee spelers van Springs gekos om Rohan Goosen van VRK te probeer stuit.
Dit was ‘n halfeindstryd wat baie aksie gebied het, maar VRK was onstuitbaar op sy tuisveld.
Dit was ‘n harde wedstryd! Martin du Plessis hurk by ‘n beseerde spanmaat na ‘n gevaarlike duikslag.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
Support local journalism
Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.
Elsje Vermeulen
Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za