News

Twee Dokkies op pad om Suid-Afrika te verteenwoordig

Twee Dokkies maak gereed om Suid-Afrika te verteenwoordig.

MEYERTON – Twee leerders van Hoërskool Dr. Malan is gekies om Suid-Afrika by die 2026 COSASSA-kampioenskappe in Bulawayo, Zimbabwe, te verteenwoordig.

Darius Botha en Xanté Harris sal van 31 Augustus tot 3 September deel vorm van Suid-Afrikaanse span wanneer hulle teen die beste skolesporttalente uit Suider-Afrika meeding.

Volgens Hoërskool Dr. Malan is die twee leerders gekies op grond van hul uitstekende prestasies en sal hulle nie net die skool se kleure met trots dra nie, maar ook die Suid-Afrikaanse vlag op die internasionale verhoog verteenwoordig.

Die COSASSA-kampioenskappe bring jaarliks top jong sportlui uit verskeie Suider-Afrikaanse lande byeen en bied aan atlete die geleentheid om op ‘n hoë vlak teen mekaar mee te ding.

Die skool het Darius en Xanté gelukgewens met hul prestasie en hulle alle sterkte toegewens vir die kampioenskappe.

“Julle dra nie net die Dokkie-kleure met trots nie – julle sal ook Suid-Afrika internasionaal verteenwoordig,” het die skool in ‘n gelukwensingsboodskap gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button