News

DA-leier Geordin Hill-Lewis besoek Midvaal

Die DA se federale leier, Geordin Hill-Lewis, sal vandag Midvaal besoek om die party se rekord van dienslewering en goeie regering uit te lig.

MEYERTON – Die leier van die Demokratiese Alliansie (DA), Geordin Hill-Lewis, sal Woensdag (5 Augustus) die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit besoek waar hy die party se boodskap in aanloop tot die 2026-plaaslike regeringsverkiesing sal uitdra.

Hill-Lewis sal saam met Midvaal se uitvoerende burgemeester, Peter Teixeira, verskeie projekte besoek wat volgens die DA die munisipaliteit se rekord van goeie dienslewering, verantwoordelike finansiële bestuur en skoon regering weerspieël.

Die besoek sluit onder meer oorsigbesoeke aan Midvaal se brandweerstasie in Meyerton, die Sicelo-behuisingsprojek en die Lakeside Veeldoelige Sentrum in.

Hy sal daarna ook ‘n veldtogbesoek aan Savanna City aflê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button