Local newsNews
Drie van SHS se gholfsterre
Hoërskool Sasolburg High School glimlag breed nadat hul gholfspelers uitstekend gevaar het.
SASOLBURG – Hoërskool Sasolburg High School is trots op drie van hul gholfspelers.
Ayden Bolton, Christopher Smith en Christopher Brenkman is gekies vir die Vaaldriehoek Gholfspan. Ayden was ook onlangs deel van die Vrystaat o.19 gholfspan wat aan die 2026 Triangular MP Tournament deelgeneem het.
Die skool het die seuns gelukgewens en gesê: “Ons is ongelooflik trots op julle en weet julle sal Hoërskool Sasolburg met trots verteenwoordig. Baie geluk, manne! Mag julle die Vaaldriehoek-span sterk verteenwoordig en elke hou geniet!”
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!