News

Vaal-bruide genooi om deel te neem

Inskrywings vir Vaalweekblad se Bruid van die Jaar-kompetisie is gratis en soos altyd is daar pryse op die spel.

Bruide van die Vaal en omliggende dorpe (Vereeniging, Meyerton, Vanderbijlpark, Sasolburg, Deneysville, Parys, Frankfort en Vredefort) wat in 2026 getroud is, word genooi om aan Vaalweekblad se Bruid van die Jaar-kompetisie deel te neem.

Ons wil graag met die nuwe bruide in Vaalweekblad spog.

Bruide kan hul mooiste troufoto (alleen of as troupaar) met die nodige inligting (julle name en van, van watter dorp julle is, en wanneer julle getroud is) aan Penelope by penny@mooivaal.co.za stuur.

Al die inskrywings sal in Vaalweekblad verskyn en sal ook deurlopend op ons webtuiste te sien wees.
Hier is van die nuutste inskrywings.

Suryka en Johann Haarhoff van Vanderbijlpark is op 25 April getroud.
Louis en Chantelle van Aardt van Vanderbijlpark is op 4 April getroud.
Kyle en Monique Baumann van Vereeniging is op 28 Maart getroud.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button