VANDERBIJLPARK – Wat in graad een as kalwerliefde by die Laerskool Vaalpark begin het, het oor die jare saam met Zaander Kriel en Carla van Tonder gegroei.
Nou, in hul matriekjaar aan die Hoërskool Transvalia, het die twee saam hul matriekafskeid bygewoon wat onlangs by die TsogoSun Emerald Resort & Casino plaasgevind het.

Van hul eerste skooldae het hulle net ogies vir mekaar gehad. Hulle matriekafskeid was nog ’n besondere herinnering op ’n lewensreis saam.
Terwyl matriek vir albei binnekort tot ’n einde kom, wag ’n nuwe hoofstuk ná skool. Carla stel belang in verpleegkunde en Zaander gaan eers na skool by sy broer se besigheid in die Paarl werk om geld die spaar vir sy groot droom.
Daar is ‘n vonkel in sy oog en ‘n huppel in sy stap wanneer die 17-jarige, ook ‘n jong akteur van Vaalpark, oor sy toekomsplanne praat.
Hy het onlangs in Sandton 780 deelnemers uitgestof vir die voorreg om SuidAfrika by die International Presentation of Performers (iPOP) later vanjaar in Los Angeles te verteenwoordig.
Maar befondsing vir die kunste is maar yl gesaai. Die besonderhede vir sy skarebefondsingsprojek is https://www.backabuddy. co.za/campaign/ipoplos-angeles. Diegene wat belangstel om ‘n bydrae te maak kan sy pa, Manie, by 082 373 3883 kontak.