News

Wie gaan Lady Rosa se redder wees?

Lady Rosa is tans in die veilige sorg van Purrpaws for Life Rescue Centre, maar sy benodig iemand wat haar vir altyd sal liefhê.

SASOLBURG – Die een oomblik het sy ‘n veilige huis en ‘n bekende gesin gehad, en die volgende oomblik is alles wat vir haar bekend was, van haar weggeneem.

Lady Rosa, ‘n skattige Jack Russell- en Pekingese-kruising van net oor ‘n jaar oud, is onlangs deur haar eienaars aan Purrpaws for Life Rescue Centre afgestaan nadat hulle getrek het.

Die skattige klein Lady Rosa moet ‘n liefdevolle huis kry. Foto: Verskaf

“Die lewe bring dikwels onverwagse wendings vir mense, maar dit is ongelukkig die diere wat die swaarste daaronder ly,” sê Lindie Naudé van Purrpaws.

“Klein Lady Rosa se hele wêreld is hand-om-keer omgedop, en sy is verward.”

Nietemin is dié klein wolhaar nog vol liefde. Al wat sy nou benodig, is ‘n veilige, liefdevolle huis om haar gebroke hartjie te genees en haar ‘n tweede kans op geluk te gee.

Mense wat dink hulle kan Lady Rosa se redder wees, kan Purrpaws For Life Rescue Centre kontak by 083 650 9558. 

Standaard aannemingsreëls en ‘n huisbesoek geld.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button