News

Aftel begin: Nog net 100 dae tot Kersfees

Die feestyd begin skielik heelwat nader voel.

Die feestyd is dalk nog nie heeltemal om die draai nie, maar die amptelike aftel na Kersfees bereik Woensdag, 16 September, ’n besondere mylpaal.

Daar sal dan nog net 100 dae tot Kersdag oor wees.

Vir diegene wat daarvan hou om vooruit te beplan, beteken dit daar is nog net ’n bietjie meer as 14 weke oor om geskenke te koop, vakansieplanne te finaliseer en die Kersspyskaart te begin uitwerk.

Kersdag val vanjaar op Vrydag, 25 Desember, met Welwillendheidsdag wat die volgende dag, Saterdag, 26 Desember, gevier word.

Hoewel September vir baie mense nog te vroeg voel om aan Kersfees te dink, begin winkels tradisioneel in die komende weke hul feesversierings en Kersaanbiedings uitpak. Die 100-dae-merk dien ook as ’n vroeë herinnering dat die laaste deel van die jaar vinnig naderkom.

Vir huishoudings wat die finansiële druk van die feestyd wil beperk, bied die vroeë aftelgeleentheid genoeg tyd om ’n begroting op te stel en aankope oor die volgende paar maande te versprei.

Daar is ook nou minder as vier maande oor voordat Suid-Afrikaners 2027 verwelkom.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button