ʼn Tuin van Hoop vir Liggies
Solidariteit Helpende Hand Vaaldriehoek-streek werk aktief in die Vaaldriehoek om hoop en ondersteuning aan gemeenskappe te bring.
VANDERBIJLPARK – Solidariteit Helpende Hand Vanderbijlpark Tak is bekend vir hul werk in die gemeenskap.
Saterdag het hul Groenhande projek begin. Die span het by die Lewenslig Sentrum bymekaargekom om ʼn sensoriese tuin vir die inwoners te skep.

Daar is geskuur, geverf, gelag en saam gewerk en teen die einde van die dag het die tuin al mooi begin vorm aanneem. ’n Sensoriese tuin skep ’n veilige, toeganklike ruimte waar persone met gestremdhede deur sig, gehoor, tas, reuk en smaak kan ontdek, ervaar en groei.

Mariëtte van de Werken, streeksorganiseerder: Vaaldriehoek sê: “Dis nie net ʼn tuin nie. Ons bou ’n plek van hoop, waardigheid en behoort.”
Enige een wat wil deel raak van hierdie projek, kontak vir Mariëtte van de Werken op 071 548 8013.

