Vanderbijlparkse dokter op R20 000-borgtog vrygelaat
’n Vanderbijlparkse mediese praktisyn wat in verband met ’n beweerde seksuele oortreding in hegtenis geneem is, is op borgtog van R20 000 vrygelaat.
VANDERBIJLPARK – ’n Plaaslike mediese praktisyn wat onlangs in verband met ’n beweerde seksuele oortreding in hegtenis geneem is, is op borgtog van R20 000 vrygelaat.
Sers. Thembeka Maxambela, woordvoerder van die Sedibeng-distrikspolisie, het die borgtogbedrag bevestig.
Die saak is tot 26 Oktober uitgestel, wanneer die beskuldigde na verwagting weer in die Vanderbijlpark-streekhof sal verskyn.
Volgens Maxambela is die borgvoorwaarde dat die beskuldigde nie met die saak mag inmeng nie.
Die polisie kon nie in dié stadium bevestig of die mediese praktisyn intussen weer pasiënte begin sien het nie.
Die ondersoek duur voort.
Vaalweekblad maak nie in dié stadium die identiteit van die beskuldigde bekend nie, aangesien hy nog nie op die aanklag gepleit het nie.
