News

Midvaal-brandbestryders blink uit by nasionale kompetisie

Midvaal se manne het gewys hulle tel onder Suid-Afrika se taaiste brandbestryders.

MEYERTON – Midvaal se brandbestryders het met verskeie medaljes teruggekeer nadat hulle hul staal teen van die land se beste brandbestryders getoon het.

Die span het van 1 tot 3 Oktober aan die Toughest Firefighter Alive South Africa (TFA-SA) 2026-kompetisie in George in die Wes-Kaap deelgeneem.

Die kompetisie stel brandbestryders se fisieke fiksheid, uithouvermoë, tegniese vaardighede en deursettingsvermoë op die proef.

Midvaal se Martins Mokgatle en Tertius Engelbrecht het elk derde plek in hul onderskeie ouderdomsgroepe behaal, terwyl Morne Mommsen tweede in sy ouderdomsgroep geëindig het.

Die Midvaal Ope-manspan, bestaande uit Mokgatle, Nico Gouws, Johannes Moreba en Callie Vermeulen, het algeheel derde geëindig.

Johannes Moreba, Callie Vermeulen, Marins Mokgatle en Nico Gouws. Foto: Verskaf

Die manspan vir deelnemers ouer as 40 het ’n silwermedalje verower. Dié span het bestaan uit Mommsen, Engelbrecht, Xolani Zwane en Gouws.

Mommsen het boonop ’n goue medalje as deel van die oor-50-span verower.

Die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit het die brandbestryders met hul prestasies gelukgewens.

“Julle het ons munisipaliteit trots gemaak,” het die munisipaliteit gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button