Vaal gimnaste presteer by SA’s
Plaaslike gimnaste het goed gevaar by die Nasionale Gimnastiek Kampioenskappe en het heelwat medaljes huis toe gebring.
VANDERBIJLPARK – Emfuleni Gymnastics is trots op hul gimnaste wat tydens die afgelope vakansie aan die Nasionale Gimnastiek Kampioenskappe deelgeneem het.
Die groep het onderskeidelik aan die Women’s Artistic Gymnastics, Men’s Artistic Gymnastics en Trampoline deelgeneem. Hul prestasies sluit verskeie medaljes en top-10-posisies in.
Willem Pieterse behaal ‘n goue medalje op Euro Trampoline level 9. Luca Voges het goud in Euro Trampoline behaal en ʼn sesde plek met Double Mini-Trampoline (DMT). Schalk van Jaarsveld het twee medaljes huis toe gebring, ʼn eerste plek op Euro Trampoline en ʼn tweede in DMT. Ernst Lennox het ʼn silwer medalje vir Euro Trampoline ontvang.
Niré Laubscher ontvang ʼn Level 7 silwer medalje met balk en Konrad Pieterse ‘n DMT brons medalje. De Wet van Jaarsveld verdien ʼn brons medalje vir sy vertoning op die rekstok op Nasionale Junior Olimpiese vlak. Thandoluhle Hadebe kry silwer vir Euro Trampoline en vir DMT.
Rouxgé Ferreira behaal ʼn tweede plek in spronge, ʼn vierde plek met pommel en P/bar, ʼn sesde op die vloer, ʼn sewende op die rekstok en ʼn algeheel vierde plek.
Luan van der Walt en Joshua Kok het onder die top 10 op die vloer geëindig. Joshua was ook agste in pommel, negende in vault en negende in P/Bar wat hom ʼn algehele negende plek besorg het.
Milah de Villiers verdien ʼn vyfde plek met DMT. Avilé da Silva kry ʼn brons medalje op die balk, ʼn sewende op die bar en ʼn algeheel vyfde plek. Tylah Robertson eindig onder die top 10 vir spronge.
Alexander Owen behaal ʼn agste plek met spronge en brug, ʼn sewende met pommel, ʼn top 10 met vloer, en eindig algeheel sesde. Jomarie van Jaarsveld eindig onder die top 10 vir vloer en brug.
