News

Drie kinders en bestuurder sterf in gru-ongeluk op R57

Die skoolbussie waarin vier mense hulle lewens verloor het.

SASOLBURG – Drie leerlinge en die bestuurder van ’n skoolbussie is vanmiddag dood nadat die minibus en ’n swaar voertuig Donderdag in ’n kop-aan-kop-botsing op die R57 gebots het.

Die voorkant van die trok wat in die kop-aan-kop botsing betrokke was.

Volgens noodpersoneel wat eerste op die toneel was, was die leerlinge van ’n privaatskool in Vaalpark. Die oorlede leerlinge was tussen sewe en 11 jaar oud.

Die R59 is steeds gesluit.

Nog vier mense is vir beserings by ‘n plaaslike hospitaal behandel. Een van die leerlinge, ’n tienjarige leerling, is per helikopter na ’n hospitaal in Alberton vervoer.

Die ongeluk het op die R57, by die R59-brug in die rigting van Sasolburg, plaasgevind. Die R59 is steeds gesluit. Die ongeluk het omstreeks 15:14 vanmiddag plaasgevind.

“Dit is die lelikste ongeluk in ses jaar in die Vaaldriehoek wat ek gesien het. As dit iemand is wat jy ken, is dit nie maklik nie. Waar daar kinders betrokke is, is dit een te veel vir my,” het een van die noodpersoneel aan Vaalweekblad gesê.

Volgens ooggetuies was die bussie op pad na Vaalpark toe en het dit glo in die verkeerde baan beland. Die bestuurder van die swaar voertuig het glo probeer uitswaai, maar kon nie die botsing vermy nie.

Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button