ʼn Spesiale lied vir MS-lyers
"Some days we walk, some days we need someone to hold, but however we move forward, we still moving forward. We are warriors." - Rozaan Steyn
VAALPARK – Rozaan Steyn is die stigter van MS Hoop en is ook met veelvuldige sklerose (MS) gediagnoseer.
Die diagnose het destyds haar lewe totaal omver gegooi. Vandag is sy ʼn baanbreker wat oral waar sy gaan MS-bewusmaking skep en die voortou neem om MS-lyers by te staan.

Onlangs het sy ʼn spesiale lied, MS Will not win, geskryf. Brechtje Heally, ʼn Lupus-warrior van Vereeniging het die musiekverwerking gedoen.
Rozaan sê: “Ek het gaan sit en dink oor die MS Warriors en hulle pad wat hulle stap met MS en toe ‘n lied geskryf vir hulle vir die dae wat vir hulle moeilik is, om hoop te gee en dat hulle nie moed verloor nie.
MS will not win het Brechje geïnspireer om ʼn tweede lied, Sy hou aan klim, in Afrikaans te skryf wat sy spesiaal aan Rozaan opgedra het.
Albei liedjies kan op MS Hoop se Facebookgroep geluister word.
