Vanderbijlparkse Fotografiese Vereniging se maandwenners
Die Vanderbijlparkse Fotografiese Vereniging se klubaande word maandeliks gehou en tydens die afgelope klubaand was daar weer puik foto's opgedis.
Behalwe vir klubaande, waar die foto’s deur erkende fotograwe beoordeel word, kan daar ook aanlyn foto’s ingeskryf word.
Hierdie maand se wenner van die aanlyn-kompetisie is meester-fotograaf, Mietsie Visser met Kom ek tel jou op.
Die foto, asook kommentaar oor die inskrywings kan op die klub se webtuise www.vdbp-photo.org besigtig word.

Die klubaand se afdeling wenners is:
Oop-afdeling
Louisa Scheepers se Ohh Mamma was die wenfoto in die senior-afdeling (4, 5 Ster en hoër graderings.) Hierdie foto was ook die algehele wenner van die aand.
Marisca Botha se Hornbill’s harvest was die wenfoto in die junior-afdeling (1 tot 3 Ster-graderings).
Selfoon-afdeling
Die senior-wenner is Renèe Storme met The dragon’s rainbow.
Monochroom-afdeling
Die senior-wenner is Johan Brits met Secret corner in a pub.


Makro (maandonderwerp)
Die senior wenner is Rika Schoeman met Springspinnekop en die junior wenner is Marisca Botha se Golden Encounter.
Al die wenfoto’s kan op die klub se amptelike webtuiste www.vdbp-photo.org besigtig word. Interessante artikels word ook gereeld op hierdie webtuiste gelaai.
Besoek ook gerus die klub se Facebookblad: https://www.facebook.com/VdbpPhotoClub
Belangstellendes wat by die klub wil aansluit kan Johan Brits by 082 718 8394 of tsawa@yebo.co.za kontak.


