Man by bank in Heidelberg doodgeskiet
Die polisie ondersoek die saak en vra enigiemand met inligting om dit by die Heidelberg-SAPD aan te meld.

HEIDELBERG – ’n Man is Vrydag by ’n bank in die Heidelberg-middedorp koelbloedig doodgeskiet.
AfriForum Heidelberg het op hul Facebook-blad bevestig dat lede onmiddellik gereageer het ná gerugte van die voorval by Capitec Bank, langs Shoprite.
Volgens ooggetuies is die man deur ’n onbekende verdagte genader en drie keer geskiet.
Die aanvaller het daarna te voet na Strydomstraat gehardloop en in ’n gereedstaande vlugvoertuig geklim.
Geen beskrywing van die voertuig of die registrasienommer is tans beskikbaar nie.
Lede van AfriForum, die Heidelberg-SAPD en verskeie sekuriteitsmaatskappye was binne minute op die toneel.
Die slagoffer is deur ’n vriend na die hospitaal geneem, maar het tragies aan sy beserings beswyk.
Sluit aan by die veiligheidsnetwerk
AfriForum Heidelberg doen ’n beroep op die gemeenskap om hul ledegetalle te help vergroot sodat die plaaslike veiligheidsnetwerk verder versterk kan word.
Inwoners hoef nie noodwendig aktief te patrolleer om ’n verskil te maak nie, enige vorm van ondersteuning help om die gemeenskap veiliger te maak.
Kontak AfriForum Heidelberg
Tesourier.heidelberg@afriforumtak.co.za
Heidelberg.bw@afriforumtak.co.za

